Daniel Ferdinand Immelman, b1

How are you related to Daniel Ferdinand Immelman, b1?

Connect to the World Family Tree to find out

Daniel Ferdinand Immelman, b1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Daniel Ferdinand Immelman, b1

Bronne:

  1. Doopregister - https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-267-11116-194463-20?cc=147...

Daniel Ferdinand Immelman died in 1812 on the farm of Petrus Jacobus Bosman in Bottelary. His daughter Wilhelmina Marg. Jacoba Immelman was married to a Bosman.

Huwelik Maasdorp 1776 https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSFQ-SR71?cc=14786...

_____________________________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel

Hy onderneem sy eie binnelandse reis voor of in 1772, toe hy 16 jaar oud was. “M. Immelman, a youth, the son of a lieutenant in the army, together with Leonhardi, a serjeant, who undertook this tedious journey for the sake of shooting the larger animals and birds;…” [1]. Daarna was hy gids vir die Sweedse natuurkundige reisigers Carl Peter Thunberg (1772) en Anders Sparrman (1775). “He [Sparrman] was guided by Daniel Ferdinand Immelman, the young frontiersman who had previously guided the Swedish botanist Carl Peter Thunberg. Daniel and Sparrman reached the Great Fish River and returned in April 1776 [2]. Let daarop dat hierdie reise nie deur totaal onbewoonde, gebied gegaan het nie, maar dit was nog relatief yl gekoloniseer deur die trekboere.

Thunberg noem hom net 2 maal in sy boek. Behalwe die bogenoemde stuk oor sy reis saam met Leonhardi [1], p141, figureer hy in die volgende sin: “On the 29th, we took a resolution to lend our waggon this way, with Mr. Immelman, and to make a round on horseback ourselves, through the verdant and woody country of the Hautniquas, (which lay to the right of us, and extended quite to the sea-shore) and afterwards to cross the mountains in another place, and join our waggon in Lange kloof [1], p175. Thunberg se reis gaan intussen eers noordwaarts tot by die huidige Piketberg en Riebeeck-Kasteel areas. Hulle steek die Bergrivier vlugtig oor. Hulle draai dan suid-oos en via genoemde Outenikwaland eindig hulle iewers aan die Seekoei-rivier wat tussen die huidige Humansdorp en Jeffreysbaai loop. Dis nie bekend of Immelman die hele reis meemaak nie.

Sparrman noem hom egter vroeg in sy reisjoernaal en 40 maal regdeur die teks.

“With this view I formed an acquaintance and even friendship with Mr. Daniel Ferdinand Immelman, a young African, who before this had, merely for the sake of pleasure, made a little trip into the country,…” [3], vol 1, p115. Thunberg noem Immelman se reis “tedious”, Sparrman “little”, so ons weet nie of dit die vorm van ‘n mini-ekspedisie aangeneem het nie, of bloot ‘n dag of twee nie. Sparrman kritiseer die gebrek aan verkenningsreise deur plaaslike koloniste en komplimenteer Immelman oor die feit dat hy wel al ‘n jagreis onderneem het.

Immelman was toe  19  jaar oud en sy ouers en suster  was bekommerd oor sy “swak longe”, maar was gerusgestel oor die feit dat Sparrman ‘n dokter was.  Immelman se  pa, ‘n militêre luitenant,  het na lang oorweging  (“at length”) toestemming gegee “on the principle, that a lad should never be shy or backward, where there was any danger.” [3], vol 1, p116.  Daar was slegs eenmaal   sprake van ongesteldheid  tydens die toer en hy het hom goed van sy taak gekwyt.  Die volgende is net enkele vermeldings oor Daniel Immelman oor die reis. Nie alle verwysings leen hulle daartoe om in ‘n narratief in te werk nie.

Sparmann was krities oor Immelman se keuse van ‘n “nag” (knolperd) en die prys daarvoor betaal, teenoor sy eie “galloway” wat goedkoper was [3], vol 1, p116.

Sparrman is vooruit om te gaan vir selfterapie by “warm baths in Hottentots Holland”. Immelman ontmoet hom daar [3], vol 1, p172. Hy bring ook ‘n termometer saam wat Sparrman gebruik vir lesings waaroor hy rapporteer in sy boek [3], vol1, p221. Die ekspedisie is uit die staanspoor vol probleme, o.a die onbeskikbaarheid van helpers, selfs Khoikhoi (“Hottentots”). Uiteindelik is daar egter 9 wat nogal waarde aan die geselskap toevoeg. Immelman rekruteer die meeste van hulle [3], vol 1, p174. Daar is ook ‘n uitbraak van biliese koors (billous fever), ‘n swak omskrewe siekte wat die beskikbare mense verminder en selfs Immelman vertwyfelinge laat hê of hulle moes voortgaan. Mense wat verneem van die ongerief en gevare wat voorlê, onttrek ook nadat hulle aanvanklik by die geselskap in diens tree. Sparrman, self nog ‘n jong man van 27, is egter in ‘n staat wat aan koppigheid grens en wil aanbeweeg. Die reis is direk ooswaarts.

Immelman het ‘n patrys wat Sparrman geskiet het,   smaakliker gemaak deur skaapstertvet wat deur die Khokhoi bekom is,  in te werk [3], vol1, p298. 

Ons weet hy was ‘n gebruiker van tabakprodukte, synde Sparrman sy hele snuifdoos se inhoud in ‘n jong Khoikhoi-man se keel afgegooi het om hom te laat opgooi as behandeling vir “billous fever” [3], vol1 , p254. Sy ouers se vrese is amper bewaarheid toe hy begin bloed spoeg het. Sparrman het dit aan een van verskeie moontlike oorsake toegeskryf: die dierprodukte-dieet, moegheid en die warm son. As mens die hele boek lees kan mens sien dat dit baie gevra was selfs van die gehardste mens. Behandeling was ‘n bloedlating, saltpeter, fonteinwater en nagrus wanneer dit koeler was. Sy “utter aversion to all sickness”, soos Sparrman dit stel, kan miskien as ‘n ingesteldheid beskou word – gehardheid, ignoreer die probleme bloot. Hy het vinnig herstel, maar toe hy sy kragte wou toets deur na ‘n trop befoeterde beeste te stap, was daar amper weer moeilikheid. Hulle het hom omsingel en hy moes vinnig wegkom [3], vol 2, p17-18.

Ons weet hy was ‘n aantreklike jong man. “Mr. Immelman, who, in fact , was a handsome young fellow, with large dark eye-brows and a fine head of hair, at this time wore a beard five weeks old, which was now beginning to curl in a very conspicuous manner. Sy kleredrag soos beskryf klink egter koddig, alles om sy lyf koel te hou. Dit het ingesluit ‘n lang nagjurk en wit nagkappie, en wye stewels sonder kouse. So het hy perdgery, helder oordag. Beide het verklaar dat hulle nie hulle baarde of hare sou skeer tot hulle weer “Christian lasses” sou ontmoet nie. (Sparrman gebruik die woorde Christian of colonist vir blanke mense, ‘n welkome afwyking van “boer” of “boor”) [3], vol 2, p137.

By die Groot Visrivier moes hulle omdraai, in die omgewing van Agter-Bruintjieshoogte (oos van die huidige Somerset-Oos). Dit was weens gebrek aan buskruit en ander hulpbronne, en perdesiekte [3], vol 2, p161-2.

Die vriendskap word na Sparrman se terugkeer na Europa per korrespondensie voortgesit, soos blyk uit ‘n brief wat Immelman aan hom stuur en inlig oor die skade wat een van hulle gashere gely het aan die hand van die Xhosas. Die brief was nog betyds om in te werk in die boek wat in 1785 gepubliseer is [3], vol 2, p262. “I have lately been informed by a letter from Mr. Immelman, dated from the Cape, 25 th of March, 1781, that the Caffres at that time were laying waste every thing they could meet with in the districts belonging to the Christians : among others Printslo, my old worthy host, and the first I had at Agter Bruntjes-hoogte had had the mortification to see his new house burnt to the ground by these barbarians, after having lost his numerous herds of cattle, out of all which he had been able to save no more than six oxen.”

Hieruit leer ons ook dat Immelman geletterd was, dit was nie ‘n gegewe destyds nie.

Hulle arriveer, via Roode-Zand (Tulbagh) terug in die Kaap op 15 April 1776. Sparrman verneem dat 2 skepe met bestemming Swede, in Tafelbaai en Valsbaai onderskeidelik, gereed is om te seil en hy verlaat die Kaap in haas [3], vol 2, p345.

Of Immelman verdere reise onderneem het of avonture beleef het, weet ons nie. Waarskynlik nie, want hy trou nog dieselfde jaar op 8 Desember 1776 met Catharina Maasdorp. Vir die stuk hierbo word geen outeurskap genoem of dokumentasie verskaf nie. Daarvolgens sterf hy na 1800 te Bottelary op vermoedelik sy dogter en skoonseun se gronde. Die Bottelary is ‘n streek noordwes van Stellenbosch en het niks met bottelering van wyn te doen nie, soos ons dit sou verwag nie. Dit het meer te doen met ‘n spens, en was destyds ‘n produksie-area vir hooi. Hy sterf dus in, toe reeds mak, beskaafde wêreld.

As enigste seun is hy de facto die tweede stamvader van die Immelmans en hulle kan met trots aanvaar dat hy ‘n man van kaliber was.

Bronne:

1. Carl Peter Thunberg. 1795. Travels in Europe, Africa, and Asia, made between the years 1770 and 1779 ; in four volumes. London : Printed for F. and C. Rivington, and sold by W. Richardson. 2nd ed

2. Carl Peter Thunberg. Available online: https://en.wikipedia.org/wiki/Carl_Peter_Thunberg. Accessed on 2018-07-31

3. Sparmann, Anders. 1785. Voyage to the Cape of Good Hope: Towards the Antarctic Polar Circle, and Round the World: But Chiefly Into the Country of the Hottentots and Caffres, from the Year 1772 to 1776, Volume 2 Available online: https://archive.org/details/voyagetocapeofgo00spar. Soek in die PDF vir verdere verwysings na Immelman, lees dan die konteks rondom dit.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf. Terme soos Hottentots en Caffres was destyds in gebruik en Sparrman se mening oor “barbarians” is sy eie.

view all 17

Daniel Ferdinand Immelman, b1's Timeline

1756
March 21, 1756
Kaapstad,Kaapkolonie,Suid Afrika
1756
Cape Town, Western Cape, South Africa
1777
July 4, 1777
Western Cape, South Africa
1778
October 2, 1778
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1779
December 22, 1779
Kaapstad, Kaap de Goede Hoop
1781
1781
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
1783
August 31, 1783
1786
March 10, 1786
Kaapkolonie,Suid Afrika
1787
November 28, 1787
Kaapkolonie,Suid Afrika