Matching family tree profiles for Cecilia Johanna Wessels
Immediate Family
-
husband
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
mother
-
father
-
brother
-
sister
-
brother
About Cecilia Johanna Wessels
Boedel / Estate No. VAB MHG R137
Grave at President Brand Cemetery, Bloemfontein:
The Genealogical Society of South Africa eGSSA branch - Contributed by: Pieter Taljaard
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=3037455
She was the aunt of General J.H. de la Rey (mentioned in the biography of Pres Steyn by N.J. van der Merwe, page 6)
John Roderick het die storie hieronder op sy Facebookgroep Die Groot Trek geplaas.
Johan Wolfaardt, ‘n ander lid het toe die volgende bygedra: “Cecilia Johanna Wessels: President Steyn se ouma. Sy was die tante gewees. Die verhaal was een van die president se gunsteling staaltjies wat hy graag oorvertel het. Sy is begrawe op die Steyn plaas te Maselspoort buite Bloem.” Sy laaste inligting klop ongelukkig nie met die grafsteen toegeskryf as die van die persoon op eGGSA nie.
Wat hierna volg, tot by “…handel beskikbaar” is die vertelling volgens Mnr Roderick. Daar is effens aan die spelling, paragraafindeling en stilering verander. Die foto is onder Media opgelaai.
Die storie van Johanna Wessels
Die Kaapse regering het verskeie maatreels in plek gestel om die Groot Trek te probeer stuit. Een daarvan was die drastiese beperking op die hoeveelheid kruit wat ‘n persoon mag vervoer het.
Die familie Mattheus Wessels en sy vrou Johanna was deel van die Trek gewees, maar het net tot in die omgewing van Winburg getrek. Daar het hul die plaas Tafelkop aangelê.
Na ‘n tyd het hul kruit boomskraap geword en was besluit om na Colesberg te reis om voorrade aan te vul. Nadat hul genoeg kruit vir ‘n jaar se gebruik aangekoop was het hul die terugtog aangepak. Hul was skaars by die eerste uitspanning gewees toe ‘n patrollie in die verte gewaar was.
Oom Mattheus het hom boeglam geskrik, dog tant Johanna het kop gehou. Sy was op daardie oomblik juis besig om vuur te slaan vir koffie toe die patrollie gesien was. Dadelik het sy die kruit wat in sakkies vervoer was, naby die vuur laat afpak en met ‘n kombers toegegooi.
Toe die patrollie by hul aankom was die wa natuurlik deursoek, dog geen kruit was gevind nie. Daarna het sy die kaptein haar sitplek op die kruit aangebied en koffie geskink. Self het sy ‘n stoel nader getrek en ook by die vuur gaan sit.
Na koffie was die patrollie vort en was haar man taamlik in sy skik met haar gewees.
(Aangehegte, getekende foto van tant Johanna kom uit die boek van P.W. Grobblelaar, "Die Groot Suid-Afrikaasnse Heldeboek. Dit is onlangs weer herdruk en is in die handel beskikbaar.)
Kan dit waar wees? Is dit nie ‘n Voortrekkermite nie? Ons verwys immers metafories na “op ‘n kruitvat sit” wanneer ‘n ramp met ‘n skielike ernstige impak verwag word. Hier was nie eers ‘n houtvaatjie om die kruit en nabygeleë vuur te skei nie. Kom ons kyk na die eienskappe van buskruit.
“Gunpowder is classified as a low explosive because of its relatively slow decomposition rate and consequently low brisance. Low explosives deflagrate (i.e., burn) at subsonic speeds, whereas high explosives detonate, producing a supersonic wave. Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Gunpowder
Buskruit, selfs in groot hoeveelhede is dus nie so gevaarlik as wat ons dink nie. Tant Johanna het waarskynlik presies geweet hoe ver die vuur van die kruit mag wees. Sy het nietemin ‘n risiko geloop en verdien haar inskrywing in ‘n heldeboek.
Dieselfde verhaal oor haar word in 'n iets meer uitgebreide weergawe vertel in die biografie van Marthinus Theunis Steyn deur N.J. van der Merwe op bladsye 10 en 11.
Cecilia Johanna Wessels's Timeline
1799 |
October 17, 1799
|
George, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
|
|
1800 |
March 2, 1800
|
Cape Town
|
|
1819 |
October 12, 1819
|
Cango, District , Oudtshoorn, Cape Colony, South Africa
|
|
1821 |
October 20, 1821
|
George, Kaapkolonie, Suid Afrika
|
|
1825 |
June 25, 1825
|
||
1828 |
May 7, 1828
|
Grahamstown, Eastern Cape, South Africa
|
|
1830 |
June 7, 1830
|
Bloemfontein, Motheo-distriksmunisipaliteit, FS, South Africa
|
|
1873 |
October 16, 1873
Age 73
|
Bloemfontein, Oranje Vrystaat, Suid Afrika
|
|
???? |
President Brand Begraafplaas, Bloemfontein, Oranje Vrystaat, Suid Afrika
|