Ek het aangeneem die 1828-boedelinventaris wat gegee word as bron vir Pieter Swanepoel b3 se 1796-afsterwe, dié was van b3 se seun, ook genaamd Pieter Swanepoel. (Ek vors nie die seun na nie, so het nie werklik in detail daarna gekyk nie, dit was in elk geval duidelik dat dit nié Pieter Swanepoel (b3) s'n is nie: die boedelinventaris noem dat die persoon 76 jaar is, wat 'n geskatte geboortedatum van 1752 gee.
Pieter Swanepoel b3 is1718 gedoop, sy seun Pieter is1743 gedoop. Ek is nie so bekend met die Swanepoel-takke nie, maar kan nou nie so vinnig sien wie se seun hierdie Pieter *ca1752 dan wel kan wees nie.