Boij (Booy) Boijesz, SV/PROG - Geboorte datum

Started by Corney Keller on Monday, May 7, 2018
Showing all 15 posts

Verwysende na die aanvullende notas "Aanvullende notas deur David Abraham Swanepoel" kan mêns sy hoë ouderdom in twyfel trek, maar nie onmoontlik. Volgens Booij Booijsz self (eerste handse informasie) was hy 101 jaar oud in 1741 toe hy sy laaste testament gemaak het. in die testament staan die volgende:

In den name Godes, Amen.
...
op huijden in den jaare nade geboorte
onses heijlands ende zaligmakers
Jesu Christi, eenduijsend seven hondert
een en veertig op den derden dag der
maand Novemver, des voormiddags
de klocke omtrent neegen uren voor
mij Arnold Schausen secretaris
van Stellenbosch en Drakensteijn, in 't
bijweesen van de naartenoemene getuijgen
in eigener persoon gecompareert ende
verscheenen is, den burger aan Drakensteijn
Booij Booijsz geboortig van Barelt oud
101 jaaren, mij secret. ende den ge-
tuijgen bekend, door sijnen hoogen ouderdom
swak, egter sijn verstand, sinnen en
memorie vollkomen magtig ende gebruij-
kende, soo als ons onder 't passeeren dee-
ses , is gebleeken, ...
...
Bron: MOOC 7/1 vol. 6 nr. 108 (Kaapstad)
Bron: Oost-Indische Testamenten, NL-HaNA VOC-1.04.02 inventaris 6871 nr. 5650 (Den Haag)

Uit die bostaande moet ons met 'n knippie sout aanvaar dat Booiij self geglo het dat hy 101 jaar oud was en dat die aanwesige secrataris en getuies nie daaraan getwyfel het nie.
Egter, hierdie testamente is beide 'n kopie van die oorspronklike gemaak vir die weeskamer. Om seker te wees dat die kopieïste geen fout gemaak het met die oorskrywings, moet mêns die oorspronklike raadpleeg. Dit sal seker in die argief in Kaapstad verkrijgbaar wees. In altwee kopieë staan 101 (deur twee verskillende skrywers) wat dit aanneemlik maak dat die oorspronklike ook 101 sê.

Corney Keller

Korreksie van die ekstrakt:

Novemver = November
Arnold Schausen = Arnold Schephausen

Dankie Corney. Mag ek my notas aanpas deur wat jy hier skryf in te kopieer, met erkenning? Dis wel hier ook te lees, maar mag vergete bly sou ek 'n boek oor my voorgeslagte saamstel. Dis een van die redes waarom ek my notas apart uitmerk, vir latere maklike saamvoeging. Ek kan dit bloot op my eie rekenaar hou, maar kommentaar soos hierdie is juis van groot waarde!

Dis baie interessant. Ek stem saam dat die oorspronklike raadpleeg moet word. Ek voeg dit by my lysie van ondersoeke as ek weer in Kaapstad kom - ongelukkig is daar niks planne op die korttermyn nie.

Seker kan jy dit in die nota's verwerk soos jy voorstel. Geen probleem.

Wat die oorspronklike document betref, ek het bietjie gekyk op NAAIRS maar kon geen verwysing daarna vind nie. Net die kopie van die weeskamer is daar. Die ken ons al.

DEPOT KAB
SOURCE MOOC
TYPE LEER
VOLUME_NO 7/1/6
SYSTEM 01
REFERENCE 108
PART 1
DESCRIPTION BOOIJSZ, BOOIJ. WILL.
STARTING 17410000
ENDING 17410000
REMARKS FILED 1743.

Beteken dit dat die oorspronklike nie meer bestaan of is dit per ongeluk nie geïndekseer nie. Dit moet jy by die argief uitvind. Dit sal seker onder die argief van Stellenbosch(STB) val en nie die argief van Raad van Justitie (CJ) nie.

Corney.

Dankie vir die boodskap en byvoeging Corney. Ek hak nou eers vas met ander goed. Voorlopig sal ek die oubaas se woord moet vat, voor hy by my kom spook!

Baie dankie, Corney!

Iets wat my al baie lank aan die soek het, is Boij Boijesz se onmiddellike voorouers. Ek vind vele rekords op Nederlandse, Duitse, en Deense websites met Booij, Booy, Booye, Booyes (ens.) uit daardie tydperk in Dithmarschen en die breër Sleeswijk, maar kon nog nie een vind wat oortuigend die SA-stamvader beskryf nie. Ek het ook al 'n klompie op Noorweegse sites raakgesien, maar ek sukkel erg met daardie taal. Dis baie moeiliker as Deens!

Behalwe dat SV Boijesz se eie bloedlyn kosbare inligting sou wees, kan dit uiteindelik ook sy geboortejaar bevestig. Het enigiemand dalk al daarna gekyk?

Ek het vlugtig op WieWasWie.nl gekyk. Moontlik nie deeglik genoeg nie.

Hermanus, jy kan natuurlik 'n onskatbare bydra lewer oor die herkoms van Boij Booijsz deur 'n DNA-toets te laat doen.

Davis, wiewaswie sal nie veel help nie, omdat dit net indekse van Nederlandse argiewe of indekse van Nederlands herkomst bevat.

Gr,
Corney Keller

Dankie Corney. Ook my voorvader as oupa hierdie.
Judi Meyer(Marais)

Ek kyk die afgelope paar maande deurdringend na die beroemde Protestanteprediker en -skrywer Peter Boisen/Boysen (Petrus Boëthius) se seun Boy (Hans) Booysen (Boysen/Boijeszoon) en dit is my teorie dat hy dieselfde persoon is as ons Suid-Afrikaanse stamvader Boy (Hans) Booysen (Boysen/Boijeszoon). Ek het 'n pdf dokument op albei profiele gelaai met 'n uiteensetting van my waarnemings en afleidings (in Engels t.w.v. die internasionale aard van die geni-gemeenskap). Die "bewyse" wat ek daar noem is uiteraard spekulatief, maar ek is persoonlik nogal oortuig daarvan dat die waarskynlikheid hoog genoeg is om die verwantskap te bewys.

Ek sal andere se insette en oogpunte waardeer om sodoende my teorie aan meer menings bloot te stel en die korrektheid van my afleidings op te weeg teen feite en waarnemings waarvan ander genealogies-gedrewenes bewus mag wees.

Vir persoonlike e-pos, gebruik gerus herman[by]ramosa[dot]co[dot]za (vervang die nodige om die e-posadres te eien). Ek glo egter dat dit goed sal wees om die bespreking op hierdie openbare forum te voer om sodoende die breër gemeenskap daarby te betrek sodat kollektiewe insig die antwoord duideliker mag maak.

Dankie vir jou werk Herman. Ek het die PDF gesien maar kon dit nog nie mooi bestudeer nie. Die kwessie van die aanspraak van 'n ouderdom van 101 jaar deur homself is ook nog nie opgelos nie. Ongelukkig gaan ek nou eers met vakansie, ek hoop om later weer te kan kyk!

Hi David

(Met die veronderstelling dat my teorie korrek is, naamlik dat Hans en Boy een en dieselfde mens is:)

Ek is oortuig dat Boy NIE in 1640 gebore is nie, want sy oudste broer Broder se geboortedatum is bevestig as daardie spesifieke jaar -- die oudste van Peter se kinders wie se geboortejaar ek bevestigend kon vasstel. Die enigste ander broer wie se geboortedatum ek ken, is Andreas, gebore in 1647. Sowel Melchior Krafft as Anton Heimreich se lyste noem Hans tweede, maar terwyl Krafft nie uitdruklik aanvoer dat sy lys chronologies is nie, stel Heimreich dit pertinent dat dit NIE chronologies is nie. Dus, in die afwesigheid van Hans en sy ander sibbe se geboortedatums, is die volgorde duister en bly selfs 'n raaiskoot oor Hans se geboortejaar 'n blote klip in die bos. Al wat soos 'n paal bo water staan, is dat Hans/Boy NIE 103 was by sy afsterwe nie.

Buiten Duitse bronne, het ek nou al 'n goeie versameling Deense bronne ook geraadpleeg sonder sukses oor bogenoemde (ek was gelukkig om 'n lekseltjie basiese Deense woordeskat te leer in die 1960's: My Booysen-grootouers het sowaar nog Deense lektuur in portret-formaat in hul huis gehad wat my ouma graag vir my vertaal het, en ek kon in onlangse jare my kennis van die taal 'n bietjie uitbrei met selfstudie).

Iets wat my minder seker maak dat ons die presiese inligting sal kan opspoor, is die feit dat slegs 'n baie klein aantal rekords behoue gebly het ná die stormramp in Nordstrand van 1634 en die etlike jare wat dit geduur het voordat kerke, kantore, en die gepaardgaande stelsels weer in plek was -- en Hans se geboorte val juis in daardie tydperk toe die eilandbewoners nog gesteier het onder hul persoonlike verliese en kerkgemeentes nog nie weer op die been was nie. Dus: moenie asem ophou om Hans (of sy sibbe) se dooprekords op te spoor nie, want dit het heel moontlik nooit bestaan nie, of is in die etlike daaropvolgende oorloë vernietig met die afbrand of bombardering van kerkgeboue op die eilande en die aangrensende vasteland.

Maar het zoeken duurt voort...

Groetnis

Soe dis nogal baie interressent. Ek woon in Denemark en hy is my 6. oupa so ek kan die deens vertaal en as ek tyd kry kan ek n vriend vra om uit tevind waar de records is ... die eilande het gewoonlik kerke op die vasland

En nou vat die water maar weer lekker vas daar ... ek dink nie die mense kan dit met sandsakkies terughou nie!!!

En daar is en ander oupa ook wat daai jare weggespoel het ... ek bly nogal naby sy ou plaas wat niemand kan kry nie.

Hulle het almal moes werk ... VOC og Ove Gedde wat vir de deense Koning saam met nederland goed ingevoer het.

My mtDNA verwys ook na n booysen vrou hulle is USA toe ... wonder of dit deur hulle kan opgespoor word? Baie mooi webtuiste daar https://www.boisecreekfarm.com/farm-history/?fbclid=IwAR1FBkpfReIbN...

Ongelukkig het ek nog nie my ouma se lyn opgespoor nie ... maar ja, die Booysens het van die selvde dele van denemark getrek, en hulle verwys ook dan dat hulle kerk en royal werkers was.

Ek het nog nie det ordentelik ondersoke nie ... maar dit gaan ek doen!

Dankie vir die mooi insameling en jammer dat ek nie lekker afrikaans kan skryf nie

Hi Hilde

Ek het gedink hierdie gesprek het lankal doodgeloop, maar jy vuur dit nou weer aan. Jou Afrikaans is pragtig! Ek is nuuskierig oor die ouma waarna jy verwys. Watter ouma is dit?

Ek bank jou aanbod om Deens te vertaal en ek sal beslis op jou knoppie druk as ek dit nodig vind.

Daar is 'n hele klomp Boisens/Boysens in die VSA en hulle kom feitlik almal van Skandinawië of die Duitse/Nederlandse lande af. In Suid-Amerika (veral Argentinië) is daar ook 'n klompie voormalige Suid-Afrikaanse families uit die vorige eeu, maar ek is nie bewus van enige Booysens daar nie - hoewel 'n mens dit nie kan uitsluit nie.

Med venlig hilsen

Herman

Hi Herman

My ma se ma en daai lyn ... duitsers maar nou sê dna norwegian, vsa, denemark LOL dit lyk hulle het nogal lekker ver getrek as mens din daar geen karre, min paaie ens was

Broder ... dit was kerk dominees gewees

Hilde

Showing all 15 posts

Create a free account or login to participate in this discussion