Elisabeth van Wijk, SM - Haar dogter was Lysbeth Adriaensz en nie Lysbeth van Wijk nie

Started by Sharon Doubell on Friday, January 15, 2016
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing all 15 posts
1/15/2016 at 9:12 AM

Anrie Hoogendoorn het gese:

Goeiemore,

Die dokument by "Sources" noem dat haar ma Anna Pieters was, plus die doopdatum. Die dooprekord sê "Eodem dito (29 August)/Lysbet/de moeder Anna Pieters/ juffrou Koon."

Daar word egter nie genoem hoekom daar geglo word dat hierdie dieselfde Lysbeth is as wat op daardie dag gedoop is nie.

Anna Pieters was 'n slaaf van Sandrina Coon en daar is ook na haar verwys as Anna Pieters van Batavia.

Haar dogter was Lysbeth Adriaensz en nie Lysbeth van Wijk nie (Anna is uiteindelik in 1694 met Lambert Adrianse van Weede getroud op 24 Maart 1694.). Sien byvoorbeeld Personalia en ook http://www.e-family.co.za/ffy/g7/p7992.htm

Groete,

Anrie Hoogendoorn

1/15/2016 at 9:14 AM

Coenraad Hendrik von Wielligh antwoord:

Ek het nie die bogenoemde inligting op Genie geplaas nie, dus kan ek nie kommentaar lewer op die korrektheid daarvan nie.

Ek beveel aan dat jy op Facebook kontak maak met Corli Wortley (neé von Wielligh) in Australië. Niemand ken die von Wielligh stamboom beter as sy nie. Sy werk al 30 jaar daaraan en het fantastiese inligting (beskikbaar as 'n blog op die internet). Sy sal kan sê watter dokumentasie korrek is.

Groete uit Engeland.

1/15/2016 at 9:16 AM

Private User:

Ek sal ook meer inligting wou he aangesien ek die Badenhorst en Van Dyk stamboom mee besig is, volgens my inligting was Burget van Dyk met Elizabeth van Wyk getroud en Elizabeth van Wyk se een dogter was ons stammoeder.,

Ons moet net onthou van Wyk het meer as een man gehad,so is ons nie seker wie die pa van die Badenhorst stammoeder was nie.

1/15/2016 at 9:19 AM

Private User wat dink u?

Private User
1/16/2016 at 7:41 AM

het n vermoede dat Christina Matthys vernoem is na Matthys von Willigh,hy was in verhouding met Elizabeth van wyk ,sy staan as christina vonWilligh in ons Badenhorst stamboom bekend.sy is wel gedoop maar kan nie die bewyse
toon nie???

Private User
1/17/2016 at 9:42 AM

Sharon Doubell see under sources. The NTVL are doing very thorough work.
She had a "losbandige lewe" and got married after quite a lot of children. I would though ask Ferdi van Wyk from the GGSA whom are doing and have been doing good work here.- On van Wyk.
A new CD are in the pipelines.

Private User
1/17/2016 at 9:43 AM

Haar herkoms en band met die stamvaders is onbekend. Haar naam word ook as 'Lijsbeth/Lysbeth' aangegee.

Doopnota: As doopgetuie word aangegee Juffrouw Coen. Sy was 'n vrou van onbekende afkoms.

Sy het 'n wilde, losbandige lewe gevoer. Sy het minstens tien buite-egtelike kinders gehad.

Tree in huwelik met Nikolaus von WILLIGH, die stamvader, nadat sy reeds ses kinders by hom gehad het.

1/18/2016 at 12:52 AM

Thanks JUdi

1/18/2016 at 1:47 AM

Coenraad - baie dankie, ek gaan kontak opneem met Me. Wortley.

Willem - Christina Matthys vernoem na Matthys von Willigh? Die Von Willigh met wie sy 'n verhouding gehad het was Nikolaus. Hulle eerste seun saam was Matthys von Wielligh.

Judith, dankie vir jou kommentaar, maar ek sien nie dat jy my vraag beantwoord nie? Ek het onder Sources gekyk, maar daar word geen bron verskaf vir die bewering dat die Lysbeth wat op 29.08.1683 gedoop is, hierdie Lysbeth is nie.

Private User
1/18/2016 at 2:20 AM

Anrie, volgens die navorsing van Marais was
Christina n dogter van Matthys von Willigh, wat in verhouding was met Elizabeth van wyk.
Die inligting het ek verkry uit die stamboom van Matthys Von Willigh
Die Badenhorstse moes naby die Von Willighs geleef het omdat hulle getuies getekenhet op sommige doopsertifikate van die Badenhorst kinders
Ek sal graag die Von willigh stamboom wil sien..

1/18/2016 at 3:19 AM

Willem, dis nou interessant. Watse navorsing van welke Marais verwys jy na? Ek sal dit graag wil opslaan.

Private User
1/18/2016 at 11:09 AM

Hallo Anrie
Ek praat van Judith volgens my inligting,het sy daardie navorsing gedoen.
verwys na die stamboom op Geni.

Ek sal dit waardeer indien ons dit kan uitsorteer,sodat ek ons stamboom kanregstel, as dit foutief is.
Groete Willem

1/19/2016 at 2:36 AM

Hallo, weereens,

Willem, ek gaan nog na jou toe terugkom oor die Matthys von Willigh.

Judi, as ek dit reg het, het jy dus die brondokument opgelaai wat jy verkry het van 'n GGSA NTVL-projek? En dit is waar die doopinformasie en ouers vandaan oorgeneem is?

Het julle nie die inligting daarin verifieer nie?

Ek sien byvoorbeeld hulle het ook die verkeerde geboorte/doopdatum vir Christina Matthysen daarin?

1/19/2016 at 3:11 AM

Haai, Willem,

Ek sien geen bron of bewys by daardie bladsye van Christina Matthysen en Matthys von Willigh wat die verwantskap tussen Christina en Matthys óf die verhouding tussen Matthys en Elizabeth verifieer nie.

Ek sien ook geen ander webwerf of bron wat eers die bestaan van hierdie aparte Matthys von Willigh kan verifieer nie (gekyk op FFY, Richard Ball se webwerf, SAG, oorsrponklike Geslagsregister van Ou Kaapse Families en Hoge se Bydrae tot die Genealogie van Ou Kaapse Families).

Ek sien die profiel noem ook dat sy getroud was met Joost van Dijk, terwyl dit algemeen aanvaar word dat die twee 'n buite-egtelike verhouding gehad het. (Geen bron word hier gegee vir die bewering dat hulle getroud was nie.)

Die Matthys von Willigh SV-bladsy verwys na http://www.ballfamilyrecords.co.uk/basson/I172.html , maar daar word op hierdie bladsy géén melding of verwysing na hom gemaak nie.

Ek sien Christina Matthysen so geboortedatum is ook met 'n paar jaar uit: 1697 ipv 1703? http://www.e-family.co.za/ffy/g13/p13493.htm

5/30/2021 at 11:53 PM

Ek wonder of Joost Pietersz VAN DYK en Elizabeth VAN WYK nie wel tog getroud was nie. Beide het latere langtermyn verhoudings gehad maar nie getrou nie. In Joost se testament meld hy dat hy telkemale met Helena Siewers wou trou maar 'dat den comparant zyne goede voornemens van haar te willen trouwen door continuele verhinderingen niet heeft cunnen uijtvooren'.

Daarteenoor het Elizabeth skaars twee maande na Joost se sterfte uiteindelik met Nicolaas VAN WIELLIGH getroud.

Showing all 15 posts

Create a free account or login to participate in this discussion