Jean le Roux, SV/PROG 1 - Familia report - sorry Afrikaans

Started by Private on Monday, November 17, 2014
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Related Projects:

Showing all 4 posts
Private
11/17/2014 at 5:32 AM

Ek lees hierdie in 'n ou Familia raak. Die artikel, "OP SOEK NA ONS STAMOUERS IN DIE ARGIEWE VAN FRANKRYK" is geskryf deur André M. Hugo.

"Vir ons familie LE ROUX het ek egter iets gevind wat van belang kan wees. Die naam Leroux kom meermale voor, van 1661 af. Nou weet ons dat die twee Afrikaanse stamvaders Jean en Gabriel le Roux, broers, afkomstig was van Blois, en dat huile by hul aankoms hier om en by die twintig jaar was. Ek vind hier in Blois aantekening van sekere Gabriel Leroux, geb. 25 Julie 1669 as seun van Pierré Leroux en Anne Bourdon, in die keek van Blois gedoop, en drie dae na sy geboorte in die kerk van Blois gedoop. Hierdie jaartal klop baie goed met die leeftyd wat ons van hom sou verwag; en as hy nou inderdaad die stamvader is. (wat ek waarskynlik ag), dan kan ons nou ook iets meer s% aangaande sy familie. Sy vader, Pierre Leroux, was "sergent de la justice", d.w.s. balju van die hof, te Cour-Cheverney, 'n dorp enkele myle ten suide van Bïois, in die omgewing van die uitgestrekte bosse waar die adel van Frankryk destyds'by voorkeur gejag het, en waar vandag nog op groot skaal mejag word. Hierdie Pierre Leroux en Anne Bourdon het in 1681 reeds *n seun Daniel laat doop, wat dus 'n broer moet gewees het van ons Gabriel. (Van sy broer Jean het ek geen aantekening gemaak nie, maar ek het ook nie bewus na hom gesoek nie). Op 5 November 1668 is serere Jean le Roux, lidmaat van die Gereformeerde gemeente van Blois, oorlede in die ouderdom van 75 jaar. Dit is nie onwaarskynlik dat hy die vader van Pierre, en dus grootvader van Gabriel, Jean en Daniel le Roux,was nie. Dan het Jean immers na hierdie grootvader geheet. Wat hul moeder Anne Bourdon betref:. sy was 'n dogter van Daniel Bourdon, chirurgyn $e Mer (die bekende dorpie halfpad tussen Blois en Orleans) en Elizabeth Rouze. Nadere ondersoek.van hierdie lyste sal ongetwyfeld nog veel meer kan oplewer. Wat hier staan, is slegs enkele grepe wat ek inderhaas, in die loop van een enkele agtermiddag, op goed geluk gedoen het."

Volgens die artikel is 'n ene Pierre le Roux, en nie Isaak le Roux nie, die vader van die broers Le Roux (SV1, 2 &3).

11/21/2014 at 1:44 AM

Wanneer is bg gepubliseer?

11/21/2014 at 2:01 AM

Hieronder 'n uittreksel van die Le Roux Familiebond se website:

https://sites.google.com/site/lerouxfamiliebond/stamouers :
"So het dit gekom dat twee jong mans, Jean en Gabriel le Roux, op 31 Desember 1687 Delfshaven aan boord van die Kamer van Delft se fluitskip Voorschoten saam met nog sewentien ander Hugenote verlaat het. Hulle land op 13 April 1688 in Saldanhabaai en was die eerste twee stamvaders van die le Roux-familie in Suid-Afrika.

Jean le Roux is gebore op 16 Nov 1666 op die plaas Pommegorge naby Mer in die Orleanais, Frankryk, as seun van Isaac le Roux, eienaar van Pommegorge (1615-1687) en Jeanne Bourdon (1634-1672).

Gabriel le Roux is gebore op 25 Jul 1669 te Blois in die Orleanais, Frankryk vir Pierre le Roux (1623-1682) en Anne Bourdon, gebore 1639.

Isaac en Pierre was neefs, seuns van die broers Estienne, gebore 1588, en Jean le Roux (1592-1668) onderskeidelik. Albei is gebore op die plaas Pommegorge waarvan Estienne later eienaar geword het, terwyl Jean 'n suksesvolle Protestantse sakeman op Blois onder beskerming van Gaston (1608-1660), Hertog van Blois, was. (Die inligting is verstrek deur Maurice Guillot in 1997). "

Onder Nuusbrokkies is daar 'n interessante artikel met mooi fotos:

" BLOIS EN DIE LOIRE-VALLEI …. EN GABRIËL LE ROUX SE DOOPSERTIFIKAAT - deur Adv. Pieter le Roux (Kampsbaai) Junie 2014.
"...waar ons in Blois tuisgegaan het, het ons die “Archive départementales de Loire-et-Cher” opgespoor. Die argief was binne loopafstand van die hotel.... het ek uiteindelik tog met ‘n vergeelde ou boek in my hande gestaan wat aangedui dat dit die “Register van Geboortes, Huwelike en Sterfgevalle”was van die Gereformeerde gemeente van Blois vir daardie tyd toe Gabriël gebore is. Dit was ‘n emosionele oomblik toe ek die register oopslaan by Gabriël le Roux se handgeskrewe doopsertifikaat uit 1669. Ek het daarin geslaag om die sertifikaat te fotografeer... "

"...In die Hugenote Gedenkmuseum in Franschhoek het ek ook ‘n geraamde kopie (moontlik ‘n fotostatiese afskrif) van Gabriël se doopsertifikaat opgespoor. Dit is in 1975 deur wyle Dr. L.C. van Oudenhove, ‘n medikus van Oranjezicht (Kaapstad), aan die Gedenkmuseum geskenk.... Sy seun het egter aan my bevestig dat Dr. van Oudenhove Blois meermale besoek het en dat hy Le Roux vriende gehad het.... "

Showing all 4 posts

Create a free account or login to participate in this discussion