Adriaan Johannes Janse van Rensburg - Gegewens van Adriaan Johannes Janse van Rensburg

Started by Private User on Wednesday, September 17, 2014
Problem with this page?

Participants:

  • Private User
    Geni member
  • Private
    Geni member
  • Private
    Geni member
Showing all 14 posts
Private User
9/17/2014 at 2:41 PM

Volgens SAG is die persoon op 17 Oktober 1806 gebore en nie op 7 Oktober 1805 nie. Sy doopdatum op Geni kom wel ooreen met die aangegewe doopdatum in SAG.

Meer verwarrend is dat SAG aangee dat hy op 26 Desember 1829 met Maria Elizabeth Combrink getrouwd is en nie met Anna Johanna Cornelia van der Linde nie. Kinders uit die huwelik was volgens SAG:
f1 Maria Elisabeth Petronella * 11/12/1830 = Uitenhage 27/2/1831
f2 Johannes Lodewikus * 1/7/1832 = Graaff-Reinet 25/12/1832
f3 Michiel Johannes * 'over de grense' 11/9/1840 = Beaufort-Wes 13/8/1843
f4 Adriaan Johannes * 'over de grense' 5/4/1841 = Beaufort-Wes 13/8/1843

Het enige iemand bronne om die bogenoemde inligting te bevestig of te weerspreek?

Private
9/17/2014 at 8:12 PM

Hi, Louis

Volgens die Nasionale Argiewe van die Vrystaat was Adriaan Johannes J v Rensburg getroud met Anna Johanna Cornelia van der Linde (VAB MHG R83). Daar is inligting van Maria Elizabeth Combrink ( oorlede 1861) getroud met Adriaan Johannes J v Rensburg (VAB MHG C34). Dink Adriaan Johannes was twee keer getroud en met albei vroue kinders. Sal die boedel VAB MHG C34 kry.

Groete,
Pieter

Private User
9/17/2014 at 11:30 PM

Hi Pieter

Baie dankie vir jou antwoord en vir jou bereidwilligheid om die boedels vir ons uit die argiewe te haal. Het jy voorlopig al 'n datum vir die huwelik tussen Adriaan Johannes en Anna Johanna Cornelia?

Groete, Louis

Private
9/18/2014 at 1:38 AM

Dankie Pieter,
'n Regte staatmaker soos altyd.
Juds

Private
9/18/2014 at 1:40 AM

Louis kyk gerus na die bron by die Profiel. Pieter het dit reeds vir my nagevors.
Die spesifieke Jan Adriaan.
Groete
Judi

Private User
9/18/2014 at 4:54 AM

Hi Judi

Op sy sterfkennis word die naam van sy gade(s) ongelukkig nie aangegee nie. As Pieter se idee klop wil dit lyk of Adriaan op later leeftyd 'n jong
(er) blaartjie gevat het vir sy tweede huwelik. Die geboorte van sy eerste kind uit die tweede huwelik volg dan kronologies met die sterfdatum van sy eerste vrou (1861). Sy 2de huwelik moes dan tussen 1861 en 1863 gewees het.

Groete, Louis

Private
9/18/2014 at 6:17 AM

Hi, Louis

Jammer, het nog geen huwelik datum tussen Adriaan Johannes en Anna Johanna Cornelia nie, Snuffel nog rond.

Groete, Pieter

Private
9/18/2014 at 6:19 AM

Hi, Judi

Probeer help waar ek kan as ek kan. :)

Groete, Pieter

Private
9/19/2014 at 2:42 AM

Hi, Louis

Het Maria Elizabeth Combrink se boedel gekry, op haar sterfkennis word die naam van haar gade(s) ongelukkig nie aangegee nie. Maar word aangegee op die testament, die minderjarige kinders wat op Adriaan Johannes J v Rensburg verskyn, dink ek is Anna Johanna Cornelia v d Linde se kinders ( Anna Jacoba, Petrus Gerhardus en Jan Hendrik ) Op Jan Hendrik se sterfkennis word Anna Johanna Cornelia v. d Linde aangegee as moeder.

Groete,
Pieter

Private User
9/20/2014 at 12:54 AM

Dag Pieter

Dankie vir jou moeite. Ek dink jy is reg met die jonger kinders. Kon jy die plek van afsterwe goed lees? Dit lyk vir my na 'Op de plaats Klipheuvel Midenmoderrivier'. Wat dink jy?

Groete, Louis

Private User
9/20/2014 at 1:08 AM

Op die landmeter generaal se webblad by http://csg.dla.gov.za kon ek die plaas Klipheuvel in die Bohoff distrik, wyk Modder Rivier kry. Ek neem aan dit is waarskynlik die plaas waar daar in Marie Elizabeth Combrink se SK na verwys word.

Private
9/20/2014 at 3:44 AM

Hi, Louis

Kon nie plek van afsterwe uitmaak nie, ek dink jy is reg met plek van afsterwe. Het weer gekyk, dit lyk vir my ook nou so.

Groot plesier.

Groete,
Pieter

Private User
9/20/2014 at 4:24 AM

Hi Pieter

Ek sien jy het 'n profiele vir Maria Elizabeth en haar ouers (Johannes) Michiel Combrink en Elizabeth Maria Petronella Grobbelaar gemaak. Elders hier op Geni sien ek daar is reeds 'n profiel wat ek vermoed vir dieselfde Maria Elizabeth Combrink is (Maria Elizabeth Petronella Janse van Rensburg, b2c6d3e1) maar haar vader is Michiel Combrink * 1792 † Koedoesberg 1/4/1860 sv Jan Hendrik Combrinck and Maria Elizabeth Scheepers.

Groete, Louis

Private
9/20/2014 at 9:28 PM

More, Louis

Het die profiele gemerge, soos jy seker agter gekom het. Daar is in die argiewe weer 'n raaisel, met Michiel (Machiel) Combrink. Die boedel C24, COMBRINK, MACHIEL. OF MICHIEL. EGGENOTE MARGARETHA CORNELIA (GEBORE DU PREEZ), so op die argiewe website.So dink ek daar was dalk nog 'n vrou? Kan natuurlik verkeerd wees, miskien nie dieselfde michiel Combrink nie?

Lekker dag,
Pieter

Showing all 14 posts

Create a free account or login to participate in this discussion